Welkom by
Laerskool Meiringspark

Ons leuse van ons skool – GLO IN JOUSELF – word op alle terreine, naamlik Akademies, Sport en Kultuur uitgeleef. Ons glo dat ‘n skool elke leerder se tweede huis word, waar u kind gelukkig, veilig en geborge moet voel. Ons by Laerskool Meiringspark glo alle kinders verskil maar wil tog ook deel van ‘n groep of span wees. Laerskool Meiringspark se leerders, ouers, personeel en skoolgemeenskap is ‘n groot familie waar ons die beste geleenthede vir elke leerder wil skep en laat uitleef. Daarom weet ons dat Laerskool Meiringspark ‘n ryke tradisie en pragtige geskiedenis het, maar ons ook met die hulp van ons Hemelese Vader ‘n pragtige toekoms vir ons skool en gemeenskap uitleef.

EENMAAL ‘N PARKIE, ALTYD ‘N PARKIE!

Laerskool Meiringspark groete!

Mnr. Tjonkie van Rensburg

INFO

Sien hieronder meer informasie
PROSPEKTUS

Klik op die onderstaande knoppie om die 2024 Prospektus te lees.

INSKRYWINGSVORM

Wil u jou kind of kinders inskryd? Klik op die onderstaande knoppie.

PERSONEELLYS

Soek u meer informasie oor die onderwysers vir 2024? Klik hieronder.

VISIE

Opbou en uitbou van hoogstaande opvoeding op akademiese-, sport-, en kultuurgebied, gebalanseerd vir die toekoms.

MISSIE

Die verskaffing van voortreflike en relevante onderrig met Afrikaans as onderrigmedium, in samewerking met ‘n betrokke ouergemeenskap, binne ‘n Christelike karakter om gebalanseerde, gelukkige leerders se talente op alle gebiede
te ontwikkel en uit te bou.

AKADEMIE

By Laerskool Meiringspark plaas ons ‘n baie hoë premie op akademie, met puik opgeleide personeel wat elkeen ‘n vakkundige op hulle gebied is. 

Ons glo dat ‘n puik grondslag in Graad RR, R en 1 gelê word en ons in elke graad daarna op die grondslag voortbou. ‘n Laerskool se grootste taak of doelwit is juis om elke leerder voor te berei vir die akademiese uitdagings van die hoërskool.

  • Toetsstelsel, evaluering en eksaminering
  • In Graad 1 tot en met Graad 3 vind kontinue evaluering plaas. Die leerders skryf enkele kwartaaltoetse maar nie eksamens nie. Ontvang elke kwartaal ‘n verslag.
  • Graad 4 – Graad 7 leerders skryf gedurende die eerste 3 kwartale formele toetse. Hierdie punt, tesame met alle kontinue assessering en klastoetse, word gebruik as kwartaalpunte. Die leerders ontvang vroegtydig ‘n rooster om aan te dui watter vak hul skryf. Aan die einde van die tweede en die vierde kwartaal word ‘n volwaardige eksamen geskryf.
  • Rapporte word kwartaalliks aan ouers gestuur. Graad 1- Graad 7 leerders ontvang elke kwartaal ‘n rapport of vorderingsverslag.
  • Top 10 – Akademiese vordering
  • Aangesien ons ‘n baie hoë premie plaas op leerders se akademiese vordering en prestasie, ontvang die 10 beste akademiese presteerders in Graad 4 – Graad 7 na elke kwartaal ‘n Top-10 balkie. Dit dien as motivering.
  • Ons sal u ook gereeld op hoogte hou in verband met u kind se vordering. Aspekte soos pligsversuim en onbevredigende prestasie sal onverwyld onder u aandag gebring word.

SPORT

‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. By Laerskool Meiringspark probeer ons soveel as moontlik geleenthede vir sportdeelname skep. Leerders kry geleentheid om op informele vlak (vriendskaplik) asook op kompeterende vlak (ligas) deel te neem. Alhoewel ons altyd deelneem om te wen, is genot in deelname tog ook baie belangrik.

  • Rugby
  • Rugby is hoog op die prioriteitslys van Laerskool Meiringspark as beeldhouer van die skool. Ons oefen elke Dinsdag en Donderdag van 14:00 tot 16:00. ‘n Voorliga-seisoen neem reeds gedurende die eerste week van Maart ‘n aanvang. Parkies speel op alle moontlike rugby-dae en bied self verskeie rugby-dae aan.
  •  Gedurende die tweede kwartaal neem ons deel aan die plaaslike liga vir medium-skole wat uit 7 liga wedstryde bestaan, voor die Noordwes-uitspele begin. Verskeie van ons oud-leerders neem tans deel in senior provinsiale spanne.
  • Welpierugby
  • Seuns vanaf Graad RR tot Graad 2 kry ook die geleentheid om aan welpierugby deel te neem. Hulle speel gewoonlik elke Saterdag in die tweede kwartaal wedstryde by skole se welpie-dae. Ouers wat geregistreer is as afrigters en oor ‘n boksmart-kaart beskik, rig hierdie seuns af. Reeds vroeg kry die seuns geleentheid vir saamspeel en algemene fiksheid. 
  • Netbal
  • Die netbal by Laerskool Meiringspark word aangebied van Graad R tot Graad 7. Ons oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 – 15:30. Ons vlinders (Graad RR – 2) kry geleentheid om deel te neem aan ‘n groot verskeidenheid dae om dit wat hulle leer, te kan toepas.
  • Ons dogters van O/9 tot O/13 (Graad 3 – 7) deur baie bekwame onderwyseresse afgerig. Die O/12 en O/13 dogters neem ook jaarliks deel aan proewe waar hulle moontlike noordwes spanne kan haal en ook deelneem aan die SA netbalkampioenskappe.
  • Laerskool Meiringspark se O/9 tot O/13 spanne neem ook deel aan die plaaslike liga. O/11 tot O/13 liganaaswenners en ligawenners kry ook die geleentheid om op die Noordwesdag deel te neem en spanne van die skool kan ook aan die SA netbaltoernooi deelneem.
  • Krieket
  • By Parkies is krieket een van ons uitstaande sportsoorte. Ons neem oor ‘n wye spektrum deel om maksimum blootstelling aan almal wat deelneem te verskaf – van mini-krieket tot by ons O/13 span. Ons neem aan die plaaslike liga deel in die medium-skole waar ons baie goed presteer met ons O/10, O/11, O/13B en O/13A spanne. Ons het ook ‘n O/9 span waar ons die spel op ‘n hardebal vlak ontwikkel.
  • Die krieketvereniging gee geleentheid vir die seuns om van O/11 al individueel te kan deelneem vanaf skool en streeksvlak tot op provinsiale vlak. Ons fokus is om maksimum geleenthede te gee en daarom behandel ons onderwerpe soos wedstrydreëls en wedstryd etiek ook in ons aktiwiteitsperiodes. Oefening in krieket is gedurende die derde en vierde kwartaal.
  •  
  • Atletiek
  • Atletiek word in die eerste kwartaal (Januarie tot Maart) aangebied en oefening is elke middag (Maandae tot Donderdae). Massadeelname word aangemoedig vir Laerskool Meiringspark se huissport sodat almal geleentheid kry om te kompeteer.
  • Hierna vind verskeie uitdun byeenkomste plaas en word atlete gekies vir die Klerksdorp-, Distrikte- en Noordwes-spanne om uiteindelik aan die SA Nasionale byeenkoms deel te neem. Atlete word by die skool afgerig en voorberei vir deelname, maar atlete maak ook van privaatafrigters gebruik.
  • Landloop
  • Landloop is ‘n sportaktiwiteit wat gedurende die Wintermaande vir alle leerders aangebied word. Landlopers neem deel aan ligas, Inter-Provinsiale, Noordwes en dan SA’s. Ons het elke jaar atlete wat deurdring tot op SA vlak en merkwaardige plekke behaal. Oefentye word op ‘n weeklikse basis vasgestel.
  •  Ons oefen hard en getrou saam met ons juffrou. Landloop is ‘n sportsoort wat mens se fiksheid bevoordeel vir ander sport-aktiwiteite. Saam maak ons ‘n besonderse landloopspan.
  • Tennis
  • Tennis is ‘n individuele sport waar elke leerder ‘n geleentheid kry om optimaal te ontwikkel. Tennis word aangebied vir die junior leerders sowel as vir die senior leerders. Die junior spanne word uit Graad 1 tot Graad 5 leerders gekies en die Graad 6 en 7 leerders vorm ons senior spanne.
  • Juniors sowel as seniors speel 2 ligas per jaar. In die tweede kwartaal speel ons die gemengde liga en in die derde kwartaal speel ons die enkel en dubbel liga’s. Bolistic Tennis Akademie bied ook individuele tennisafrigting gedurende aktiwiteitsperiode op Woensdae aan. Laerskool Meiringspark bied ook jaarliks ‘n tennistoernooi aan waar verskeie skole kan deelneem.
  • Gholf
  • Gedurende die vierde kwartaal vind die plaaslike gholf-liga plaas. Leerders wat gholf speel, verteenwoordig die skool in spanverband asook individueel. Spelers kry dus ook hier geleentheid om provinsiale kleure te verwerf. Gholf is ook die geleentheid waar leerders en ouers saam kan oefen en tyd saam kan spandeer. Oefentye word individueel deur afrigters gereël.
  • Skaak
  • Skaak word deur die hele jaar gespeel en oefentye is Maandae en Donderdae. Skaak word deurgaans sterk verteenwoordig in ons skool. Aangesien dit so ‘n fenominale spel is, word dit aanbeveel vir elke leerder!

KULTUUR

By Laerskool Meiringspark glo ons in die holistiese ontwikkeling van ons leerders en word kultuurgeleenthede geskep. Daar word veral op redeneringsgeleenthede, musiek en opvoeringsgeleenthede en kultuuraksies gefokus.

  • Redenaars (Afrikaans en Engels)
  • Alle leerlinge vanaf Graad R tot Graad 7 kry die geleentheid om deel te neem aan die redenaars. Die leerlinge skryf self hulle eie toesprake, ouers verleen hulp aan hulle kinders met die skryf van die toesprake. Daar word gewoonlik van buite beoordelaars gebruik gemaak tydens die kompetisie. In elke graad word ‘n wenner aangewys en dan ‘n algehele wenner in die Grondslagfase, Graad 4 en 5 en Graad 6 en 7 wat tydens die bekroningsfunksie bekend gemaak word.
  • Elke leerling ontvang ‘n deelname sertifikaat, indien daar aan die kriteria voldoen is, terwyl die algehele wenner ‘n goue sertifikaat en ‘n trofee tydens die prysuitdeling ontvang, indien daar aan die kriteria voldoen is.
  • By die Engelse redenaars is dit slegs Graad 3 – 7 leerders wat deelneem.
  • Spelling By (Afrikaans en Engels)
  • Graad 4 – 7 leerders kry geleentheid om aan die Spelling By kompetisie deel te neem. Daar word vooraf ‘n aantal woorde, tussen 15 en 25 woorde, aan die leerlinge gegee wat hulle dan moet leer, sodat hulle dit hardop kan spel. Tydens die kompetisie mag ‘n letter nie herhaal word nie en ‘n deelnemer mag ook nie verkeerd spel nie.
  • Indien al die geleerde woorde gevra is en daar is steeds nie ‘n wenner nie, word ‘n aantal onbekende woorde aan die deelnemers gevra. Dieselfde woorde word aan elke leerling gevra sodat elkeen ‘n regverdige kans kry. Tydens die prysuitdeling ontvang elke leerling ‘n deelname sertifikaat en die wenners in elke graad ‘n goue sertifikaat en ‘n trofee.
  •  
  • Kunsuitstallings, konserte, revues, liedjiefeeste en melodramas
  • Kunsuitstallings word op ‘n gereelde basis by Laerskool Meiringspark gehou. Al die grade word betrek.
  • Liedjiefeeste word elke 2 jaar aangebied en leerders neem graag deel aan hierdie liedjie makietie. Die wedywering om ‘n bod in te sit en te bepaal watter graad is wenners, maak hierdie geleentheid besonders.
  •  Konserte en Revues word elke 5 jaar of tydens spesiale herdenkingsjare aangebied. Dit word meer gespesialiseerd afgerig en ten spyte van die feit dat ons massa deelname aanmoedig, is daar ook ‘n hoofgroep wat die tema van die Revue kleurvol afrond.
  •  Melodramas word van tyd tot tyd deur die onderwysers aangebied. Dit bevorder nie net spanwerk nie, maar goeie samewerking onder die personeel en ouers sien ook die personeel se versteekte talente.
  • Koor
  • Laerskool Meiringspark se koor bestaan uit junior en senior leerders. Dus tree Laerskool Meiringspark se koor op as ‘n informele gemengde koor.
  • Sommige koorkompetisies maak wel voorsiening vir so ‘n kategorie en dan neem ons ook op daardie vlak deel.
  • Geleenthede vir musiektalent word daardeur ontwikkel en ook genotvolle liedjies word gesing.

KONTAK ONS

Een van ons span sal binnekort met u kontak maak!

Address

Oom Jacobstraat
Meiringspark
Klerksdorp


Kontak Info

Email: mpark@lantic.net
Phone: +27184691050

Skakels

Terugvoer

Gee ons asb enige terugvoering wat u as belangrik sien.